Ons beoog om so artikels uit die nuusbrief op die webtuiste te plaas, hier is die uitstappieverslag van Hendrik se uitstappie na Jan Du Toitskloof in Januarie.
Ons slaap Vrydag en Saterdag aand by die oorhanggrot. Le Roux, Stoffel en Leonie is al vroeg Vrydag daar, die res maak dit net-net voor sonsondergang. Saterdag klim 3 van ons teen die berg op om ‘n sykloof wat Andrew Beetge laasjaar vir ons gewys het te abseil. Die opklim het baie los klippe en my dag eindig amper voor die eerste abseil onder ‘n yskas wat ek omtrek.
Die watervalle is pragtig. Ons vorder goed tot ‘n vergete rugsak ons effens vertraag. Net na 18:00 uur is ons by die laaste abseil. Die res van die groep het die Jan du Toitskloof verder stroomop verken. Die groot les van die naweek ̶ sekere van ons sal by Liesbet moet gaan aanklop hoe om slimmer en ligter te pak.
Hendrik Wilken