10-PIEKE STEMPEL PROJEK / UITDAGING
Die 10-pieke stempel uitdaging is ‘n inisiatief van die Bergklub van Suid-Afrika Stellenbosch Afdeling (BKSA STE). Die doel is vir deelnemers om 10 stempels op ‘n stempelkaart te versamel van stempelblokke wat op 23 verskillende bergpieke in die Wes-Kaap geplaas is.
Soos hierbo genoem, die doel van die uitdaging is om tien stempels in ‘n spesiaal ontwerpte stempelkaart te versamel. Dit word gedoen deur tien van die 23 uitgesoekte pieke te klim en met die stempelsblok en ink wat op die piek geplaas is ‘n stempel in die stempelkaart te druk.
Die stempelblokke op die pieke is van rubber met die logo van die bergklub, asook die naam en die hoogte van die piek. Die stempelblokke en ink is versteek in ‘n spesiale houer naby die baken van elke piek. Ongelukkig raak baie van die stempels of inkpads dikwels vermis, en dit is moeilik om hulle aanhoudend te onderhou. Daarom beveel ons aan dat mense aparte bewyse van hul bestygings hou, veral waar hulle nie stempels kan vind nie.
As jy belangstel om aan die uitdaging deel te neem, kan jy ‘n e-pos stuur na tien- pieke@ste.mcsa.org.za.
Jy kan dan ‘n platform soos Peakery gebruik om jou vordering te monitor. Peakery het reeds hierdie uitdaging gelaai by: https://peakery.com/
Andersins is dit voldoende om net per epos na tien-pieke@ste.mcsa.org.za te registreer en bewyse van jou beklimmings per e-pos te verskaf.
Sodra jy bewyse het dat jy 10 van die pieke geklim het, kan jy jou stempelkaart deur een van die komiteelede laat afstempel met die ontbrekende stempels. Let wel dat die uitdaging 23 pieke het, maar jy slegs 10 stelpels vir die stempelboek nodig het. Die voltooide stempelkaart kan deur die deelnemer as ‘n aandenking gehou word.
‘n Lys van die toepaslike pieke, hul hoogtes en liggingkoördinate kan gevind word in dié dokument: Lys van die 23 pieke in die 10 Pieke Uitdaging.
Die ligging van die stempels relatief tot die piek-bakens word gegee in die volgende dokument: 10-Pieke stempel liggings.
Let daarop dat baie van die stempels vermis raak en dié maar stadig vervang word. As jy die stempel nie kan vind nie, registreer bewyse van die bestyging van die piek en verskaf dit aan die einde om jou stempelkaart met die ontbrekende stempels af te stempel.