Kontak sekretaris vir algemene navrae en lede-sekretaresse vir lidmaatskapvrae. Vir enige navrae rakende die verskillende onderafdelings kan u die spesifieke komiteelede kontak.
Nardus
Nardus geniet al die aspekte van bergklim. Hy ken die berge van die Boland en Skiereiland redelik goed en verbreed sy kennis elke die jaar. Hy is besonders lief vir die Groot-Winterhoek- en Heksrivier berge.
Peet
Wim
Wim hou van bergklim. Veral as mens vroeg moet begin en êrens onbeplan moet bundu-bash. En as mens moet klouter sodat die ander deelnemers bang is. En om ’n denneboom of twee by te kom. En as daar baie snacks is, selfs beter!
Santie
Santie is passievol oor berge en die bewaring van fynbos. Sy is ’n opgeleide siviele ingenieur en lid van BKSA Stellenbosch sedert 2012. Sy bring elke spaaroomblik deur in die berge, haar absolute gunsteling is steeds Swartboskloof in Jonkershoek. Haar gees vir avontuur het haar al op baie interessante en diverse bergstappe geneem, insluitend na Breekkrants, Sneeuberg, Groot Winterhoek, Amatola, Groothoekkloof, Witels, Swartberg, die Otter, die Visrivier Canyon en vele meer in Suid-Afrika; tot so wyd as Glittertind in Noorweë, die Copland-roete, Mt Taranaki en Tongariro in Nieu-Seeland, en mees onlangs Piton des Neiges en Piton de la Fournaise op Reunion-eiland. Sy het onlangs die iNaturalist “Saving the bride”-projek in Assegaaiboskloof begin met die doel om die natuurlike tuiste van die Blushing Brides te help bewaar.
Elsbeth
Elsbeth se eerste stap was in graad 7 in die Magaliesberge. Sy het ook ’n talle staproetes gedoen in die Drakensberge, Sederberge, Blouberge, Kaapse berge, Witels, Visrivier canyon en Brandberg in Namibië. . Sy het selfs rots geklim waarvan ’n paar op Tafelberg is. Sy is mal oor die Alpe, en het ’n gedeelte van ’n GR5 (Grand Randonnee)-roete in baie sneeu aangepak op Mont Blanc. Ander stappe sluit in ’n 5-dagstaproete in Frankryk, asook ’n roete oor die berge van Switserland na Italië. Haar laaste stap was in die begin van 2021 (Walvisroete) – weens gesondheidsredes het sy daarna opgehou.
Paul
Min het ek geweet van enige bergklimavonture voor my aankoms in Kaapstad in 1981. Toe John Moss van UCT my vra: “We will be doing some climbing up country, would you like to join us?” –dáár het alles begin. Van Exposure in “F” Major, Witteberg, tot Klein Winterhoek Frontaal, van Witelsrivier tot Visgat-canyon, van Pieke vir die 39ste keer of Groothoekkloof vir die 20ste keer, van oornagting in Xanadu-grot tot die Nepal Mêrapiek ekspedisie in 2010, dit alles is moontlik danksy die kameraadskap van baie bergklublede oor die jare. Met meer as 600 mandae in die berge deurgebring, is dit vir my lekker om ietsie van hierdie bergbelewenis met ons lede te deel.
Oan
Corne
My “happy space” is om ‘n nuwe roete te verken, sneeu te jag, veeldagstappe te onderneem waar ek weet alles wat ek nodig het om te oorleef, is in my rugsak op my rug. Maar die kersie op die koek is om te kloof , om aan ’n tou te hang, langs ’n 60m-hoë waterval. Dan is daar vars lug in my longe, adrenalien pomp deur my are en ek geniet die lewe ten volle! Dit is baie lekker om terug te gee aan die berg; onlangs het ek ’n liefde geleer vir “hacking” en om uitheemse plante/bome te verwyder. Daar is altyd ’n stuk verken, ontdek en avontuur saam met die harde werk.
Hans
Hans het al van jonk af ’n liefde vir die berge en natuur. Hy is ’n meganiese ingenieur en benewens stap, ry hy ook graag bergfiets, doen “kloofing” of draf. Hy het onlangs (amper) die “Drakensberg Grand Traverse” voltooi en sal graag eendag ’n lang stap soos die “Pacific Crest Trail” wil aanpak. Hy het al talle roetes gestap, onder andere die Outenikwa, Tsitsikamma, Amatola, Magoebaskloof, West Coast Trail (Kanada) en te veel oornagroetes om te noem. Hy wil graag die Cederberge beter verken asook terugkeer Patagonië toe sodra internasionale reis weer moontlik is. Sy gunsteling plaaslike roete is Swartboskloof Sosyskloof in Jonkershoek en vir ’n oornagroete beveel hy Groot-Winterhoek sterk aan – die poel by Die Hel is werklik iets om te beleef.