Hoekom moet ek by die MCSA aansluit?
Die Bergklub van Suid-Afrika bied die geleentheid om deel te word van ‘n netwerk van eendersdenkende mense, ongeag die aktiwiteite waaraan jy deelneem:
- Bergklim (stap)
- Rotsklim (bouldering, sportklim en tradisionele klim)
- Kanovaart
- Bewaring
- Uitreikaktiwiteite
- Soek en redding
Elke jaar organiseer die Stellenbosch-afdeling van die MCSA meer as 50 byeenkomste – daar is dus iets vir elkeen van ons. Jy sal ook na dele van die Kaapse berge geneem word wat nie goed bekend is nie – baie mense sal nie eers weet dat sulke plekke bestaan nie – en kry eksklusiewe toegang tot talle ongerepte berggebiede en hutte in Suid-Afrika.
Die BKSA besit meer as ‘n dosyn eiendomme en hutte in die Wes-Kaap, en vele meer in die gebiede van die ander afdelings! Lede het wederkerige regte op al 14 afdelings van die Bergklub in Suid-Afrika en Namibië.
Bykomende Voordele
Klublidmaatskap stel jou ook in staat om gratis toegang deur Kirstenbosch tot Tafelberg te kry (onderhewig aan reëls).
Klublidmaatskap stel jou ook in staat om gratis toegang deur Kirstenbosch tot Tafelberg te kry (onderhewig aan reëls).
- Cape Union Mart
- Mountain Mail Order
- Drifters
- Maties Climbing
- Stellenbosch Universiteit Berg en Toer Klub
- Roelof Jacobs fisioterapie
- Agear.co.za
- Outdoor Escape
- Bloc 11
- Kaap Agri
- City Rock
- Hi-Tec
Hoe om ‘n lid te word
Om by die MCSA aan te sluit is ‘n maklike proses. Die volgende stappe moet geneem word:
1. Lees die BKSA Gids vir lede.
2. Woon drie uitstappies van die afdeling by. As jy ‘n “hacking” of gemeenskaps uitstappie doen tel hulle as twee uitstappies vir jou aansoek. Gaste betaal ‘n fooi van R50 per persoon per uitstappie (asook toegangsfooie en/of permitfooie waar van toepassing). Inligting oor uitstappies is op die kalender beskikbaar. Kontak die leier om inligting te kry oor die moeilikheidsgraad van die uitstappie en om jou plek te bespreek.
3. Na drie uitstappies mag jy vir lidmaatskap aansoek doen, gebruik die skakel hier onder. Hou ‘n gesigfoto gereed om by jou aansoek te voeg.
4a. Die komitee vergader 4 keer per jaar en aansoeke om lidmaatskap word dan deur die komitee bespreek en goedgekeur of afgekeur. Indien lidmaatskap goedgekeur word, sal jy in kennis gestel word. Nadat u die ledegeld betaal het, sal u ‘n lidmaatskapkaart en plakker ontvang wat vir die huidige jaar geldig is.
4b. Bestaande lede van ander afdelings kan na ons afdeling skuif met ‘n “Letter of Good Standing” van hul afdeling. Hou asseblief die brief of ‘n bewys van versoek vir die brief byderhand, saam met kontakbesonderhede van die toepaslike persoon (skermskoot/e-pos/soortgelyk). Jy is welkom om aanlyn aansoek te doen.
4c. Familielede (jonger as 18) is ook welkom. Doen aanlyn aansoek.
Lidmaatskap fooie
Lidmaatskap fooie vir 2025 | Koste | Joernaal |
---|---|---|
Lidmaatskap | R270 | Digitaal |
Lidmaatskap tesame met ‘n hardekopie joernaal (R100) | R380 | Digitaal & Hardekopie |
Lidmaatskap vir lede onder 18 jaar | R65 | |
Tydelike lidmaatskapfooi (per uitstappie) vir gaste/nie-lede ouer as 18 jaar | R60 | – |
Skep van ‘n lidmaatskapkaart | R50 | – |
Betaal asseblief deur middel van ‘n elektroniese oorplasing na die bank, deur gebruik te maak van die besonderhede verskaf op die faktuur wat deur die lede se sekretaresse aan u gestuur sal word. Dit sal gebeur nadat jy om lidmaatskap aansoek gedoen het en jou aansoek goedgekeur is. Stuur asseblief die bewys van betaling na