Die BKSA bevorder die volhoubare gebruik van ons berghulpbronne en fasiliteer toegang tot ons natuurlike erfenis op ‘n vriendelike en ondersteunende manier deur:

Stap en klouter

Stap in Jonkershoek

’n Wye verskeidenheid uitstappies word aangebied – van ontspanne, kort staptogte met interessante botaniese uitdagings in ons fynbos-blommeryk, tot die avontuurlike staptogte op roetes waar min mense dit ooit aandurf; van halfdag- en voldagstapritte, tot naweek- en langer staproetes in die geïsoleerde bergreekse van die Kaap. As deel van ons stap en bergklim aktiwiteite het ons die 10-Pieke uitdaging , i.e. om 10 (uit 23) spesifieke pieke in die the Stellenbosch and ander Kaapse berge te bestyg. Sie die volgende skake vir meer inligting: 10 Pieke Uitdaging

Rotsklim

Die BKSA bied ‘n tuiste aan diegene wat verskeie rotsklimaktiwiteite onderneem, insluitend plaaslike en nasionale bouldering, sportklim en tradisionele (“trad”) klim in alle grade, van die maklikste tot die mees veeleisende roetes.

Kloof abseil

Gedurende die somermaande kan dit baie warm raak in die Wes-Kaap, daarom moet ’n mens óf hoog die berge in gaan (en daar bly), óf nat word. Kloofing is die afdaling van bergklowe of -raviene (in Suid-Afrika bekend as kloowe) deur te stap, te skarrel, te spring en af te seil. Dit is die perfekte bergsport vir dié wat graag koel wil bly gedurende die somer, terwyl hulle steeds wonderlike bergavonture beleef. Die MCSA Stellenbosch-afdeling het ’n sterk kloofinggemeenskap en baie ervare kloofleiers.

Bergredding

Baie klublede speel sleutelrolle in Wilderness Search & Rescue, die sambreelliggaam wat soek- en reddingsaktiwiteite in die Wes-Kaap koördineer. Ons is deel van ons naburige reddingspan in die Hottentots Holland-afdeling.

Gemeenskap

Ons is aktief betrokke by gemeenskapsbedrywighede by plaaslike jeuggroepe; ons gee kinders toegang tot ons pragtige natuur en leer hulle gepaste gedrag in die berge terwyl ons baie pret het. Die gemeenskapsprogram word deur BKSA-lede bestuur met die ondersteuning van nie-lede, wat almal vrywilligers is. Die BKSA het ‘n beskermingsbeleid waaraan vrywilligers moet voldoen, en vir sommige aktiwiteite word ‘n polisieklaringsertifikaat vereis.

Bewaring

Daar is baie lede wat aktief betrokke is by ‘n wye verskeidenheid bewaringsinisiatiewe, soos die uitwissing van uitheemse plantegroei.

Sosiale geleënthede

Van tyd tot tyd hou ons sosiale geleenthede of aanbiedings by verskillende lokale in ons omgewing. Hou ons kalender en nuusbrief dop vir meer inligting.

Ekspedisies

Deur die MCSA se nasionale liggaam bied ons geleenthede aan lede om aan plaaslike en internasionale ekspedisies deel te neem. Sien die MCSA Nasionale Ekspedisie-blad vir meer inligting.