Waarom moet ek by die MCSA aansluit?
Die Bergklub van Suid-Afrika bied die geleentheid om deel te word van ‘n netwerk van eendersdenkende mense, watter aktiwiteite u ook al doen:
- Bergklim (Stap)
- Rotsklim (bouldering, sportklim en tradisionele klim)
- Roei
- Bewaring
- Uitreike
- Soek-en-redding
Die Stellenbosch afdeling van die BKSA reël elke jaar meer as 50 byeenkomste met iets vir almal. U sal ook na min bekende dele van die Kaapse berge geneem word wat min mense selfs weet dat hulle bestaan, met eksklusiewe toegang tot baie ongerepte berggebiede en hutte in Suid-Afrika.
Die BKSA besit meer as ‘n dosyn eiendomme en hutte in die Wes-Kaap, en nog vele meer in die ander afdelings! U het wederkerige regte op al 14 afdelings van die Bergklub in Suid-Afrika en Namibië.
Bykomende voordele
Klublidmaatskap gee u ook die reg om gratis toegang deur Kirstenbosch te verkry om toegang tot Tafelberg (onderhewig aan reëls).
Hier is ‘n lys van organisasies/besighede met wie ons ‘n noue band het en/of waar afslag verkry kan word:
- Cape Union Mart
- Mountain Mail Order
- Drifters
- Maties Climbing
- Stellenbosch Universiteit Berg en Toer Klub
- Roelof Jacobs fisioterapie
- Agear.co.za
- Outdoor Escape
- Bloc 11
- Kaap Agri
- City Rock
- Hi-Tec
Hoe om lid te word
Om aan te sluit by die BKSA is ‘n maklike proses. Die volgende stappe sal jou op die regte pad lei.
1. Lees die BKSA Handleiding vir Lede.
2. Woon drie uitstappies van die afdeling by. Gaste betaal ‘n fooi van R50 per persoon per uitstappie (asook toegangsgeld en/of permitfooie waar van toepassing). Inligting oor uitstappies is op die Kalendar beskikbaar. Kontak die leier om inligting oor die moeilikheidsgraad van die uitstappie te kry en jou plek te bespreek.
3. Na die drie uitstappies, kan jy aansoek doen. Hou ‘n gesig foto byderhand om elektronies by jou aansoek te voeg.
4a. Die bestuur vergader 4 maal per jaar en aansoeke om lidmaatskap word dan deur die bestuur bespreek en goedgekeur of afgekeur. Indien lidmaatskap goedgekeur is, sal jy daarvan verwittig word. Nadat die lidmaatskapfooi betaal is, sal jy ‘n ledekaart en plakker ontvang wat geldig is vir die huidige jaar.
4b. Bestaande lede van ander afdelings kan met ‘n “Letter of Good standing” van hul afdeling oorskuif na ons afdeling. Doen gerus aansoek aanlyn.
4c. Gesinslede (onder 18) is ook welkom, doen aansoek aanlyn.
Ledegeld
Ledegeld vir 2020/2021 | Koste | Joernaal |
---|---|---|
Lid met hardekopie joernaal | R300 | Hardekopie en digitaal |
Lid sonder hardekopie joernaal | R200 | Digitaal |
Gesinslid (onder 18) | R50 | Digitaal |
Gastefooi (per uitstappie) vir mense ouer as 18 jaar | R50 | – |
Opmaak van ledekaart | R50 | – |
Betaal asseblief via elektroniese oordrag na die bank besonderhede op die faktuur wat die ledesekretaris jou sal stuur. Dit gebeur nadat jy aansoek gedoen het en jou aansoek goedgekeur is. Stuur asb bewys van betaling na tesourier@ste.mcsa.org.za.