Die 10-Pieke Stempelprojek is ’n inisiatief van die Bergklub van Suid-Afrika Stellenbosch Afdeling (BKSA STE). Die doel is om lede aan te moedig om 10 verskillende stempels, wat op 10 verskillende pieke van toepassing is, op ’n stempelkaart te versamel.

Hierdie kaarte is verkrygbaar by die bestuurslid betrokke by die projek. Kontak die bestuur om te hoor wie tans verantwoordelik is. Die stempels is op geselekteerde bergpieke geplaas. Volg asseblief die “Lys van pieke stempels koördinate” – vir die lys van peike met stempels. Die rubberstempel, met die bergklub se logo, die naam en hoogte van die piek is in ’n spesiale houer (saam met stempelkussing en ink) by die baken versteek. Die houer van’n volledig voltooide kaart kwalifiseer vir ’n spesiale prys. Volg asseblief die “Stempelkaarte inhandigingsreëls”- skakel.

Die stempel is in ‘n aparte roomysbak, saam met die inkkussing, op dieselfde plek (of daar naby) waar die boekies by die baken gebêre word. Volg asb die “Voorlegging van stempel plasing” – skakel om te sien waar die stempels geplaas is. Kontak die bestuurslid, verantwoordelik vir die klimprogram, by uitstappie@ste.mcsa.org.za indien u meer wil weet of om aan die 10 Pieke Stempelprojek deel te neem. Doen dit sommer nou! Stuur ‘n epos aan: tien-pieke@ste.mcsa.org.za

Kaart

Besonderhede:

Voorlegging van stempel plasings
Stempel kaarte inhandigingsreëls
Lys van pieke stempels koördinate