Die BKSA bevorder die volhoubare gebruik van ons bergbronne en vergemaklik toegang tot ons natuurlike erfenis op ‘n vriendelike en ondersteunende manier, deur:

Stap, klouter en kloofing

Hiking in Jonkershoek

Daar word ‘n wye verskeidenheid uitstappies aangebied – van ontspanne, kort wandelinge met interessante botaniese uitdagings in ons fynbos blommeryk, tot die avontuurlike stap op roetes waarheen min mense reis; van half- en voltydse staptogte, na naweek- en langer staproetes in afgeleë bergreekse van die Kaap.

Rotsklim

Die BKSA bied ‘n tuiste vir allerlei rotsklim aktiwiteite, insluitend plaaslike en nasionale “bouldering”, sportklim en tradisionele (‘trad’) klim in alle grade, van die maklikste tot die veeleisendste roetes.

Bergredding

Baie klublede speel hoofrolle in Wilderness Search & Rescue, die sambreelliggaam wat soek- en reddingsaktiwiteite in die Wes-Kaap koördineer. Ons is deel van ons naburige reddingspan in die Hottentots Holland-afdeling.

Uitreike

Ons is aktief betrokke by uitreikaktiwiteite by plaaslike jeuggroepe; ons gee kinders toegang tot ons pragtige natuur en leer hulle toepaslike gedrag in die berge terwyl hulle baie pret ervaar.

Bewaring

Bewaring

Daar is baie lede wat aktief betrokke is by ‘n wye verskeidenheid bewaringsinisiatiewe, soos bv. die uitroei van uitheemse plantegroei.

Sosiale Byeenkoms

Ons hou van tyd tot tyd sosiale geleenthede of aanbiedings op verskillende plekke in ons omgewing. Hou die nuusbrief dop vir inligting.